Truskvy-lapper

ZeldaK truskvylapper

TruksvyLapper – Work In Progress

“The world is full of cactus – but we don’t have to sit on it” Will Foley

Hartsvriendin het gister gese ons verf truksvye… my donkies en swaeltjies moes wag.

My gemoed was nog bietjie sannie-suurgesig van die Village shop ding, maar oor 5 jaar gaan dai ene nie meer pla, so ek mag nie meer as tob oor dit.

Kan nie onthou waar die rerig truksvy kaktus vandaan kom, maar ek het nou al woestyn rosies geverf – en hulle is meer intens as die lang doring blare.

20171213_130002(1)

Inspirasie

Die uitkoms….seker nog nie klaar – ek dink nog…maar vir nou, die week is dit afgehandel. Daardie skoenlappers was blou, toe pienk toe wit…en nou die geel-wit…

20171213_131009

WIP Donkies

My donkies vat ook shape – en ek kan nie wag om nou na maande hulle spookbeelde vol fyn kwashale in te kleur. Dit maak my gelukkig.

Advertisements

Dinsdag – argiewe

“I love planners, highlighters, ball point pens, to do lists & anything else that gives me the illusion that I’m getting my life together”

bullet journal graphic explained – daarom trek ek weer my Bullet Journal nader, en probeer nuwe asem in ou drome in blaas.

Hartsvriendin gebruik so ewe hare elke dag – en hier sit ek…jaa broer.

 

 

 

 

Maandag – “Relentlessly”

DSC_0583

“My neighbor’s two youngsters have built a clubhouse in their yard. On the wall, in childish letters, a list of club rules is posted. No. 1 reads: “Nobody act big, nobody act small, everybody act medium”  -Jack Denham (How to Live with Life – Readers Digest 1965

Skoonpa het altyd gesê: Relentlessly. As ons vir raad gevra het, was dit altyd sy woorde….hou net aan – relentlessly.

Relentlessly – adjective

1.that does not relent; unyieldingly severe, strict, or harsh; unrelenting:

Hardkoppige korrelkop knopneus, het hy sommer na homself verwys. Skerpste humor, en kennis vraat – uit boeke uit, hy en mense het altyd mekaar misverstaan. Asof hy ‘n spesie op homself is, in die lyf van ‘n kort regop hardwerkende man. Maar 2 minute in sy geselskap, was jy either gehook om altyd naby sy wysheid te wil sit, of wye draaie om hom te loop.

Selfs as hy saam gestem het, sou hy aanhou stry net om te sien hoe vas jy rerig aan jou oortuiging hou. Moeilik, en lief, en ‘n God man. Nie ‘n kerk mens – nie Gods vresend. Maar ‘n verhouding met sy Vader soos….Moses?

Langs hulle huis was daar ‘n groot stuk veld, soos amper teenaan die huis. Vrystaat winter, en daardie veld is in vlamme net met ‘n gedagte. Manlief was weg vir inkopies, en ons het die bakkery beman. (jack of many trades – en mens se hande mag nie edel rondlê – ons het gebak) Manlief se ma het gebel en gesê sy ruik rook – en hy moet kom. Veldslaan is nie ‘n alleen werk. Maar daar gaan skoonpa.

Dit was nie ‘n volle uur later, en hy is terug. Kalm gaan hy net weer aan met die panne en deeg. Daardie aand om koffie vertel hy ons van die wonderlike genade wat God hom gegee het daardie dag.

Die vlamme was al hoog – en hy was moeg (hart operasies al van die ouderdom van 27) Hy het met sy kar gestop, en op die bonnet gaan sit, moeg – en die tickker het sy lyf gepla. Hy het gebid en net gevra God moet help slaan – hy sal doen wat hy kan, maar hy het nie krag. Die vlamme het glo gehol tot voor die kar, en toe “gespring” in die lug – en weg. Die vuur is net dood. Sonder wolke, sonder ‘n nat streepsak, sonder mense. Net God.

Sulke verhale was altyd deel van ons lewe saam hom. Wonderwerke was nie ‘n iets wat net van gelees is – dit was soos ‘n lewende verhaal.

So vier of vyf maande na sy dood, ry ek saam manlief in Welkom rond – by die Game sentrum is daar ‘n 2de handse boekwinkel. My liefde vir boeke, en opgaar daarvan laat my wye draaie loop om so iets, want dit is ‘n luxury wat nie bekostig kon word. Maar die dag vra ek mooi, ons moet daar stop. Daar is ‘n groot papier opgeplak – boeke tussen R2 en R20. Manlief kan kies – 3 boeke. Assssebliefffff.

Vinnig kies hy 3 boeke, sonder om te lees of uit te soek, sommer net. Terug in die kar pass hy dit aan asof dit sommer net ‘n huisgenoot is. Heel bo lê die boek: How to live with life (prentjie hierbo saam my houtblok voeltjie) – Readers Digest weergawe saamgestel deur Arther Gordon. Met ‘n goue afronding op die blaaie… DIE EINSTE BOEK wat skoonpa op aangedring het ons lees seker so jaar voor die dag. (wat ons nie gelees het nie – want die wêreld was besig) Die “toeval” van dit alles… net nog een van sy wonder-verhale.

 

 

Dankbaar tussen die hartseer. Saterdag. Einde van my Village shop dae

IMG-20151224-WA0001

(Vinke neste – erens naby Cintsa)

“Endings is not always bad, most of the time they are just beginnings in disguise” Kim Harrison

Nou na ‘n tjoklit wat ek in twee happe laat verdwyn het, terwyl ek sommer tjank, want dit is wat dit is…. voel ek nog nie beter, maar ek sal wees.

Mev Shop was nie daar. Maar haar assistent was eers baie styf, en darem weer beter toe sy haar vetkoek kon klaar eet terwyl sy kyk hoe ek die stock optel. Dit is wat dit is.

‘n Boot en ‘n agter sitplek vol kaggelkakkies.

Vandag is die perfekte dag vir ‘n nuwe begin.

vrydag – passop waarvoor jy wens

silly girl 4So wens ek nou al die hele laaste jaar ek kan minder craft en meer art….(is craft ook maar nie net art?) Punt is – ek het baie blokke, en canvasse al vol eerste sketse gemaak – gereed om te VERF, maar dan kom daar bestellings in, of die village shoppie se rak raak leeg, of ek is net lui? Toe maak die village shoppie hulle rakke vol – gereed vir kersfees se toeriste. En daar is nie meer plek vir al die nuwe crafts wat manlief gehelp maak het nie.

 

 

silly girl 2

Moet herken, ek is nou al vir ‘n wyle so bietjie ongelukkig oor die village shop se mark-up, want kontrak sê 20%, en op elke delivery note staan dit 20%. Yesss – dit is min. Maar my stock word opgemerk hier en daar met 25% en meestal tot 50% soms meer. Sucker wat ek is, sê ek niks. Voel eintlik dit is hulle shop, en hulle kan mos maak wat hulle wil. Ek kry wat ek vra.

 

 

silly girl 3Laas week toe gaan sit ek van die growwer groter goed, en die goed wat sommer meer gestempel stamp is – nie elkeen ‘n original design in by die slaghuis. Dit pas by die slaghuis, dit is skinkborde en braaisous houers en kratjies. Mev village shop bel my gister in haar kwaaiste stem. Hulle gooi my crafts uit. Ek moet dit kom haal. Taaa daaaaa. Sy was by die slaghuis, en sy kan nie toelaat dat ek by 2 plekke in dieselfde village uitstal nie. Veral omdat die slaghuis se pryse nou so laag is….. My oogpunt, dit is NIE dieselfde goed – maar perspektief lyk seker anders…

silly girl 1Ag ek weet nie. Ek sit nou met ‘n klein huisie vol stock (wat ek nou eers more mag gaan haal) En die ironie van my wens vir meer art as craft is nou ‘n gulde geleentheid….net jammer die poppo het nie eers die fan januarie getref.

Dalk was ek verkeerd – en het onverskoning gevra….maar rerig…dit is NIE dieselfde goed. Punt is, ek gaan nou kan ART….as die beursie dit toelaat.

Law-of-attraction ken nie van timing nie.

En dit is jammer dinge is nou suur….pes konfrontasie.

(silly girl poppie paintings – want sommer net – gemaak erens vroeg  2017)

 

Taxidermery Art – weirdness wat ek my kan verkyk aan – maar nie wil he nie

“I ask people why they have deer heads on their walls. They always say because it’s such a beautiful animal. There you go. I think my mother is attractive, but I have photographs of her.”
Ellen DeGeneres

Elizabeth V Bouras Art & Lea Mai Nguyen

Polly Morgan Art & Liz Langley Taxidermery Art

BelovedNYC & Annie Montgomerie Art

Bietjie ‘n ander spin op die jag troffees van ou mans met tennis elboë…

Blykbaar hou dié taxidermery kunstenaars by ‘n kode om net diere te gebruik wat dood is aan natuurlike oorsake. En soos die katjies in die glas-klokke is dood gebore. Sal nie weet, en gaan nie die riller in daardie onderwerp oop krap nie. Ignorance is bliss.

 

 

Dinsdag se Begrafplase

Oos London Wesbank Oos Kaap se begrafplaas. (selfoon kiekies – soos amper altyd)

“For as much as I hate the cemetery, I’ve been grateful it’s here, too. I miss my wife. It’s easier to miss her at a cemetery, where she’s never been anything but dead, than to miss her in all the places where she was alive.”
John Scalzi, Old Man’s War

As ek nou RERIG MOET begrawe word, dan wil ek so view hê…of dalk ‘n rivier…of dalk net baie water. Eintlik maak dit ook nie saak – want my siel rebeleer al klaar en klim as spook op die eerste vliegtuig en sien eers die wêreld…en klim in diepste grotte om die aarde se hartklop te voel. En wandel saam met gorillas en kleurvolle voels in digte woude.. My lyf is nou bang vir al die mense langs die pad – maar my siel sal mos nie bang wees nie.

My ouers is bo-op mekaar begrawe, eers my pa en ses jaar later my ma. En sewe jaar later toe oorstroom die begrafplaas, en is hulle grafte skeef, met water gate langs die kante…. Blykbaar is daardie begrafplaas nou so gevaarlik die mense word aangeval terwyl hulle stadig stap en hartseer liedjies sing vir hulle geliefdes. Ek weet dit is net ‘n samestelling van bene, en hulle siele is vry en happy. Daarom huil ek nie te veel oor hulle bene. Dit is dalk baie disrespectful…..

Kersfees – Tannie C, of manlief se ma, of dan…”skoonma” kom kuier. Dit is goed dat sy nie alleen gaan wees. Al haar vriendinne gaan ook na hulle kinders. Dit is mos hoe dit werk. Sy is nog hier. Die enigste ouma wat my kind ken – so elke oomblik is spesiaal seker. Veronderstel om te wees…hopelik sal die kersfees spesiaal vir haar en hom wees.

Help nie ek try stroperig oor Kersfees dink – ek like nie die tydperk. Ek like nie crackers van nuwe jaar. Ek like nie die verpligtheid van nou moet ons goed en gaaf wees as die res van die jaar ons tonge soos slang sweepe geval het. Maar tog wil ek my hart sag maak – die Kersfees kan dalk die potensiaal hou vir anders wees.

“The people you love become ghosts inside of you, and like this you keep them alive.”
Rob Montgomery